Kolos van Rhodos

Die Kolos van Rhodos, soos in 1880 uitgebeeld.

Die Kolos van Rhodos (Grieks: ὁ Κολοσσὸς της Ῥόδου, ho Kolossòs tis Rhódou) was ’n reusagtige standbeeld van die Titaniese god Helios wat in 280 v.C. in die stad Rhodos, op die eiland Rhodos, deur Chares van Lindos gemaak is. Dit was een van die Sewe Wonders van die Antieke Wêreld. Die beeld is gebou om Rhodos se oorwinning oor die heerser van Siprus, Antigonus I Monophthalmus, te vier – sy seun se poging om Rhodos te verower, het in 305 v.C. misluk. Voordat die beeld in 226 v.C. in ’n aardbewing verwoes is, was dit 30 meter hoog[1] en dus een van die hoogste standbeelde van die antieke wêreld.

  1. Reynold Higgens, "The Colossus of Rhodes", The Seven Wonders of the Ancient World, edited by Peter A. Clayton and Martin Jessop Price. Psychology Press, 1988, p. 130. ISBN 9780415050364

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy